"Skool vir sy gemeenskap...wat aan elke leerling die geleentheid bied om maksimaal volgens sy eie vermoë te ontwikkel deur die nastreef van die hoogste standaarde en Christelike norme sodat hy/sy, sy/haar plek as 'n gebalanseerde volwassene kan inneem."
Omring van veld en groen, groen lande,
die skepping van Gods eie hande,
hier staan ons skool as lewensimbool:
van kennis, ywer en diens.
Jy laat jou werkroep hoor,
volhard om aan te spoor,
besiel om kragte saam te span
oortuig ons dat ons kan.
Dis na die hoogtes wat ons streef,
- 'n grootse leuse om uit te leef -
ons doel te behaal en nimmer te faal,
ons beste gee vir ons skool.
Dis Hennenman se skool,
geliefde Hoërskool.
Nog lank sal jy lewe
- voller lewe -
tot die Heer se eer!
Per laborem ad finem - deur arbeid bereik jy jou einddoel!