Screen Size: 'u' - ≥1200px Width: 0000
Op hierdie blad:

SKOOLFONDS 2025

Januarie - Dubbele skoolfondspaaiement a.g.v. registrasiegeld.
R19200 vir die jaar (R1600 vir 12 maande)

JAARGELDE VIR VAKKE

Die volgende jaargelde is van toepassing by vakke met 'n praktiese komponent:

  • RTT - Sentrumfonds: R300 per jaar
  • Landboutegnologie: R300 per jaar
  • Ingenieursgrafika e -ontwerp:
  • Graad 10-leerders wat IGO neem moet tekenstelle en tekenborde aan die begin van 2025 bestel. Koste daaraan is ongeveer R1600
Vir elektroniese betalings, kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:
  • Hoërskool Hennenman, FNB
  • Takkode: 250655
  • Rekeningnommer: 62163770516
  • Verwysing: Leerder se naam
  • Rekeningtipe: Tjek

BUSGELD 2025

ALLE BUSFOOIE IS PER MAAND VOORUIT BETAALBAAR. BUSFOOIE VIR DIE JAAR

Die volgende tariewe is vir 'n volle maand. Elke leerder sal 'n brief met die eerste se tariewe (per maand uitgewerk) op die eerste skooldag ontvang. Busgeld word per maand bereken en aangepas na gelang van die hoeveelheid weke per kwartaal. Busgeld moet asseblief maandeliks vooruit betaal word.

  • Ventersburg: R780
  • Phomolong: R550
  • Virginia: R1 080 (BP)
  • Virginia R1 370 (Harvinia)

KOSHUISGELD 2025

R2000 per maand vir 10 maande (R20 000 per jaar)