Hierdie ondersteuningsarm van HSH het vanjaar weer die verkope by ons tuiswedstryde hanteer en in die proses geld genereer wat dit vir hulle moontlik gemaak het om ‘n bedrag van R300 aan elke provinsiale verteenwoordiger te skenk.
Baie dankie aan die HOK-bestuur vir die moeite en harde werk – dit gaan nie ongesiens verby nie. Dankie ook vir elkeen se entoesiasme waarmee julle ons skool dien – dit laat ons harte warm klop! Ons glo dat hierdie ondersteuningstruktuur van ons skool van krag tot krag sal gaan in die toekoms. Ons nooi elkeen uit om aan te sluit by HOK en deel te word van hierdie groep betrokke ondersteuners.
Wat 'n belewenis! Na baie beplanning, navorsing en baie baie harde werk is ons sentrum op 3 Junie 2004 amptelik geopen.
Baie dankie aan al die donateurs en almal se insette wat die sentrum moontlik gemaak het,
asook die Bremer Familietrust wat jaarliks verseker dat ons sentrum topgehalte bly!
Tiger Millings
NJ van Zyl Boerdery
OMV
Verspreide Beleggings
Verspreide Beleggings
Towcon Civils
OMV
Serfontein & Seun
Verspreide Beleggings
'n Baie groot dankie aan die volgende 2 persone:
Voorsitter van beheerraad wat AL die staal- en
houtwerk in die sentrum gedoen het!
Vorige skoolhoof sonder wie se visie, inisiatief
en harde werk niks sou gebeur het nie.